A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #

Tiaan Grundling lyrics : "Klop-Klop (Aan Jou Deur)"

Op die trappie van jou huis sit ek hier en wag
Die weer steek al op en dis amper nag
Waar is jy?

Waar is jy?

Die posman het kom vra of jy nog hier bly

Want die posbus is al vol van die briewe wat ek skryf
Waar bly jy?
Waar bly jy?


Want elke dag staan ek hier en ek loer in by jou venster
As jy net met my wil praat, sal ek tog na jou luister


My vingers is al seer van die klop-klop aan jou deur
Die klokkie wil nie werk nie, dan klop-klop ek maar weer

Ek moet met jou praat oor die ding tussen jou en my
Het jy my reeds vergeet of dalk iemand anders gekry?


Dis lank na twaalf en die telefoon lui
Ek kan nie wag om dit te antwoord, miskien is dit jy
Is dit jy?

Is dit jy?

'n Nota sal ek los en nog 'n brief in die pos

Ek stuur 'n sms, ek sal 'n voicemail los
Antwoord my
Antwoord my


Want elke dag staan ek hier en ek loer in by jou venster
As jy net met my wou praat, sou ek tog na jou luister


My vingers is al seer van die klop-klop aan jou deur
Die klokkie wil nie werk nie, dan klop-klop ek maar weer

Ek moet met jou praat oor die ding tussen jou en my
Het jy my reeds vergeet of dalk iemand anders gekry?
My vingers is al seer van die klop-klop aan jou deur

Die klokkie wil nie werk nie, dan klop-klop ek maar weer
Ek moet met jou praat oor die ding tussen jou en my
Het jy my reeds vergeet of dalk iemand anders gekry?


Iemand anders gekry

Submit Corrections